← Die Wêreld aan jou Voete5 oct · 1 h 04 min
Ysland | Verken die eiland van vuur en ys

Vuur en ys. Gletsers en vulkane. Swart strande, stomende warmwaterbronne en watervalle om elke hoek en draai. Min plekke op aarde voel so wild en ongerep soos Ysland.

In vandag se episode vat ons die pad saam met Marieke Teessen, wat Ysland se beroemde Ringpad met ’n kampeerwa aangepak het. Sy deel haar volledige gids tot dié epiese roetereis – van waar om te stop en wat jy beslis nie moet misloop nie, tot die mooiste staproetes, F-paaie, hawedorpies en natuurlike warmwaterbronne.

Hier is ook ‘n blitsgids met al die plekke waaroor ons gesels en Marieke se hoogtepunte:

Fagradalsfjall se lawavelde op Reykjanes

Reykjadalur se geotermiese warmwaterbron-staproete

Kerið-krater

Watervalle: Þjórsárdalur, Seljalandsfoss, Skógafoss, Fossárdalur, Dettifoss, Goðafoss, Gullfoss & Þórufoss

Sólheimasandur se vliegtuigwrak

Sólheimajökull-gletser

Dyrhólaey & Reynisfjara se swart strand

Fjaðrárgljúfur-kloof

Skaftafell en die Vatnajökull-gletser

Jökulsárlón Glacier Lagoon & Diamond Beach

Vestrahorn-berg

Stórurð-staproete

Stuðlagil-kloof

Hverir se geotermiese landskap

Þingvellir Nasionale Park en die staproete tussen die tektoniese plate

Blue Lagoon

Vir die avontuurlustiges, bestemmings wat bereikbaar is via F-paaie (4x4)

Háifoss-waterval

Landmannalaugar-staproete

Hveravellir-warmwaterbron

Kerlingarfjöll-staproete

Mooi hawedorpies langs die pad

Vík – vir swart strande, Black Crust Pizza en Vikings

Djúpivogur

Seyðisfjörður

Borgarfjörður Eystri

Húsavík

Sit terug, ontspan en word meegevoer na Ysland!